BERGVIEW ONE STOP

OLDE WORLD ANTIQUES

Olde World Antiques open in Augustus 1998 sy deure.  Ons is baie afhanklik van “passing trade” en daarom is aflewering  deel van ons besigheid.

Aangesien ou goed my passie is, spesialiseer ons in antieke meubels, hoofsaaklik Engelse meubels, maar ons het ook Franse meubels, Vlaamse stukke, soms Afrikana, maar indien n klient iets spesifiek soek, is dit n lekker uitdaging om dit op te spoor.

Ek is ook baie lief vir ou porselein en hou n groot verskeidenheid breekware aan wat wissel van Royal Doulton, Royal Albert, Spode, Gouda en vele meer.

Soms is ek gelukkig genoeg om versamelitems te kry, soos munte ens, maar dit is n spesialis afdeling wat ons nie regtig voor ingaan nie.

Dan hou ons graag dekoritems aan soos lampe, matte, tafellappe, kandelare, messe, vurke, teelepeltjies en ander silwerware.

Menu